Login
Aanwysings vanaf ou Praktyk

Vanaf 19de laan; draai regs in Swemmer straat in, links in HF Verwoerdlaan, regs in Proesstraat, links in Nelson Mandela straat. Volg die Centurion/N14 tekens totdat u by Christina De Wit laan is. By die Fonteine piekniekarea (Groenkloof Natuurreservaat) draai regs in Eeufeesstraat, maar moenie op die N14 hoofweg klim nie (hou dus in die regterkantse baan). Wanneer die Voortrekkermonument aan u regterkant is, draai links op die R101 (Midrand/Jan Smuts straat) voor die robot. Volg die verloop van die pad; dit word die Ou Johannesburg pad. Net na die Wierdabrug polisiestasie, by die robot, draai regs in Wierdastraat (M10). By die eerste 4-rigting stopstraat, draai regs in Campbell straat. By die eerste verkeersirkel in Campbell straat draai regs by die 2de uitgang in Eldo Lakes Estate Oos. (Daar is ‘n groot teken vir Eldo Lakes Estate). Sodra u in die kompleks is, draai regs (by die 2de uitgang by die sirkel) en volg die verloop van die pad totdat u Rulers Reward straat 170 gevind het.

Alternatiewe roete

Neem die Jeanlaan afrit en draai regs in Jeanlaan in (Centurion) vanaf die N14 (Ben Schoeman) wanneer u vanaf Pretoria na Johannesburg ry. Jeanlaan word Lytteltonstraat, word Saxbylaan en uiteindelik Campbell straat. By die eerste verkeersirkel in Campbell straat na die Wierdalaan kruising, draai regs by die 2de uitgang in Eldo Lakes Estate Oos. (Daar is ‘n groot teken vir Eldo Lakes Estate). Sodra u in die kompleks is, draai regs (by die 2de uitgang by die sirkel) en volg die verloop van die pad totdat u Rulers Reward straat 170 gevind het.


View Groter Kaart